Slang in wasmasjien

Foto: www.zululandobserver.co.za

ʼn Vrou van Empangeni in KwaZulu-Natal moes noodgedwonge ʼn plan maak toe sy ʼn swart mamba in haar wasmasjien gekry het.

Die Zululand Observer berig dat Margie Taylor en haar seun Andrew verlede week Dinsdag op die giftige slang afgekom het. Nadat Taylor nie haar man, David, of die plaaslike slangvanger in die hande kon kry nie het sy besluit om die wasmasjien op droogmaak te stel. “Ons het geen idee hoe die slang in die wasmasjien gekom het nie aangesien die onderkant van die masjien toegespan is om te keer dat rotte aan die drade vreet. Terwyl die masjien op droogmaak was, het ek ʼn gekap en geklap gehoor. Toe die masjien stop en ons die deurtjie oopmaak was die slang om die versagter-houertjie gedrapeer. Hy het deurmekaar gelyk maar was steeds lewendig.” Taylor se man het ʼn draadhanger gebruik om die mamba uit die masjien te haal voor haar seun die slang doodgeskiet het. Die gesin woon op ʼn plaas genaamd ‘Inyoka’, wat ook slang beteken, sowat 14km buite Empangeni.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.