Slang jaag juffrou en seuntjie die skrik op die lyf

Gestreepte grasslang

Gestreepte grasslang

‘n Onderwyseres is die skrik op die lyf gejaag toe ‘n slang op haar motor se voorruit beland het terwyl sy bestuur het, het die Dispatch Online Vrydag berig.

Vuyokazi Pakati (41) het deur Mthentu Cuttings naby Mthata gery toe die slang oor haar voorruit geseil het. Haar driejarige seuntjie was ‘n passasier in die motor. Pakati het sowat ‘n kilometer verder gery voordat sy haar motor veilig kon aftrek.

Sy het dadelik, nadat sy afgetrek het, die kleuter gegryp en van die motor af weggehardloop. Sy het ‘n verbyganger se aandag getrek om hulp te vra. “Een van die mans het ‘n stok gebruik in ‘n poging om die slang te verwyder, maar dit het toe onder die enjinkap ingeseil.” het Pakati gesê. Die polisie is later na die toneel ontbied.

Kapt. Mkhuseli Shakes Nqumama, wat plaaslik as ‘n slangkenner bekend staan, en konst. Dan Tomodi, het twee ure lank gespook om die slang uit te haal. Dit is later as ‘n skadelose gestreepte grasslang uitgeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anon ·

Kyk ek sou ook weg hardloop. n Slang bly n slang of hy giftig of nie giftig is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.