Slang laat gesin uit bewegende kar spring

ʼn Gesin van KwaZulu-Natal het uit hul bewegende motor gespring toe ʼn slang skielik sy verskyning in die motor gemaak het.

Megan Volsum, die gesin se 13-jarige dogter, is nou te bang om weer in haar ma se motor te klim, berig The Witness. Sy het Saterdag voor in die Volkswagen Polo gesit. Haar ma, Glenda, het pas begin agteruit ry toe ʼn slang onder die paneelbord uitgeseil het. Dit het op Megan se voet beland.

“Ek het agtertoe gespring en uit die motor geduik,” het sy verduidelik. Haar 16-jarige niggie was ook in die motor. Almal het glo begin skree.

Volgens Megan was die slang swart en grys en het rooierige oë gehad.

Glenda het ook uit die motor gespring en kon gelukkig die handrem optrek voordat dit te ver gerol het. “Ons is bly dit het nie gebeur toe ons op hoë spoed gery het nie,” het Glenda gesê.

Die motor is deursoek, maar die slang het tot dusver nie weer sy verskyning gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Samantha ·

Ek is 27 jaar oud, ek sal ook te bang wees om in die kar te klim!! Juis omdat die slang spoorloos verdwyn het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.