Slang pik slangghoeroe

Johan Marais

Een van Suid-Afrika se slangghoeroes, Johan Marais, is in die hospitaal opgeneem nadat ʼn pofadder hom gepik het.

Marais het aan Beeld gesê hy was besig met opleiding toe die slang hom gepik het.

Hy wou aan mense wys hoe vinnig ʼn pofadder iemand kan aanval, iets wat hy al vir 35 jaar doen.

Marais het sy skoen se sool na die slang uitgestrek. Die slang het egter nie sy sool aangeval nie, maar vir Marais deur die kant van sy skoen gepik.

“Die was baie seer, maar nie naastenby so erg as om na Justin Bieber se  musiek te luister nie,” het hy uit sy hospitaalbed in Krugersdorp geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,,,,,,,,,eide van n hond wat n kar jaag,,is die karre trap hom later!,,,,,,,,,,,,,,,slangspelers,wat probeer so n persoon vir hom self te bewys,,,,,,,,,,,,,,,die geskiednis herhaal homself elke keer!

Petra ·

Gawie, lees weer die berig, hierdie mense speel nie met slange nie, hulle educate dom mense soos jy en ek oor slange. Slange kom orals voor en jaarliks word 1000e gepik deur die adders. Se dankie daar is sulke mense. Hulle melk ook die slange vir teengif indien jy gepik word. Tjaaa

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.