Slegs 2,5% van munisipaliteite het skoon ouditverslae

Terence Nombembe

Terence Nombembe, die Ouditeur-Generaal (OG), het Dinsdag ʼn ouditverslag vrygestel wat aandui dat slegs 5% van plaaslike regeringsinstellings ‘n skoon oudit vir die laaste drie jaar gekry het.

Volgens die Vryheidsfront Plus is die helfte hiervan egter munisipale entiteite soos die Johannesburgse Varsproduktemark en die Durban Marine Temapark. “Dit beteken slegs 2,5% van plaaslike regerings (stadsrade/metrorade) het ‘n skoon oudit ontvang,” het Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag gesê.

“Dit is ‘n bewys dat meeste munisipaliteite bestuur word deur onbevoegde en onkundige amptenare wat poste beklee weens kaderontplooiing deur die regering. Selfs die OG erken in sy verslag dat die kernoorsaak van die swak oudits, amptenare is wat in sleutelposisies is wat nie die minimum bevoegdheid en vaardighede besit nie. Die gevolg is dat 71% van die munisipaliteite van konsultante gebruik maak wat betref finansiële verslagdoening. Dit beteken belastingbetalers betaal vir dienste wat nie gelewer word deur amptenare nie en moet nou nog ekstra opdok vir konsultante.”

Groenewald het gesê dit is geen wonder dat munisipale dienste in Suid-Afrika van die duurste is nie. “Dit is ook duidelik dat die regering se sogenaamde ‘Operasie Skoonoudit (2009-2014)’ waarvolgens alle plaaslike regerings in 2014 skoon oudits moet ontvang, totaal misluk het. Die Vryheidsfront Plus dring daarop aan dat onbevoegde amptenare dadelik afgedank word,” het Groenewald gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stoere Boer ·

Jammer VF+ maar daardie kaders sal eerder beloon word in die parlement of in die plaaslike regering met ‘n joppie voordat hulle afgedank word. Hoe meer daar van hulle is hoe makliker steel die mense. Dit en moord is in hul gene en niks en niemand sal dit uit hulle kry nie.

Nadia Maritz ·

Dis duidelik so laag. Ek werk daagliks met hulle en glo my daar is niks so onaangenaam om met sulke onbevoegde amptenare te moet deel nie. Ek stem 100% met die Vryheidsfront Plus dat die onbevoegde amptenare afgedank word.

Dit is waar regstellende aksie ons gebring. ‘n Land wat by die dag agteruit boer en ons moet die prys daarvoor betaal. Waar is die logika agter dit alles.

javr ·

Wie is verbaas hieroor? Kyk net na die toestande om ons en dan sien ons wat in die munisipaliteite aangaan. Persentasies is seker nog verkeerd ook want hulle wil nie wys dat daar GEEN munisipaliteit kantoor is wat sy sout werd is nie! 2.5% is vir hulle beter as 0%.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.