Slegs 37 000 boere oor, sê Agri SA

Onsekerheid oor Suid-Afrika se politieke toekoms en die land se grondhervormingsproses is maar twee van die redes wat Oos-Kaapse boere aanvoer om die land te verlaat.

Volgens Agri SA, neem die aantal kommersiële boere wat na lande soos Botswana, Mosambiek, en die Kongo verhuis, jaarliks toe, berig die Weekend Post. Boere sê lae rentekoerse op lenings en die huidige sterkte van Afrika-valuta speel ook ‘n groot rol in die besluit.

Die Kongo het Suid-Afrikaanse boere ‘n langtermyn-huur vir tot 10 miljoen hektaar grond aangebied. Die streek sluit verlate regeringsplase en bos in die verre suid-weste van die land in. Die eerste kontrakte, wat 88 000 hektaar aan 70 boere ingesluit het, is verlede jaar onderteken.
Theo de Jager, vise president van Agri SA, sê meer as 300 boere sal na verwagting binne die volgende twee jaar na Kongo verhuis. Onlangse statistiek toon dat tot 940 Suid-Afrikaanse boere na Mosambiek verhuis het, en Botswana het onlangs die 300-kerf bereik.

“Van die 120 000 boere wat in Suid-Afrika in die 1980s aktief was, is daar slegs 37 000 oor,” het De Jager bygevoeg. “Die probleem word vererger weens die feit dat die gemiddelde ouderdom van ons boere tans 62 jaar is, en dit lyk nie of jong boere tot die mark toetree nie. Talle boere waarskul hul kinders om nie ‘n landbou-loopbaan in Suid-Afrika te volg nie. Hulle is bekommerd dat hulle, weens grondgrype nie ‘n toekoms sal hê nie, en dat grond nie benut sal word nie.”

Nick Fischer, ‘n boer van Bathurst en voormalige veearts, het ‘n plaas in Botswana gekoop. “Selfs al het ek ‘n 1% waarborg dat my familie se toekoms in 20 jaar veilig sal wees, is dit nog nie goed genoeg nie,” het Fischer aan Weekend Post gesê. “Alhoewel ek nog nooit ‘n slagoffer van veediefstal of ‘n plaasaanval was nie, het dit al met talle boere gebeur.” Fischer beweer Botswana bied ‘n skatkis vol geleenthede vir hardwerkende boere. “Ek is baie beïndruk met Botswana. Die valuta [pula] is die sterkste in Afrika en tans beter as die rand [tans 1 pula = R1.06]. Lenings van die Botswana Ontwikkelingskorporasie is teen ‘n baie redelike koers van tussen 4.5% en 5% beskikbaar.” Fischer se 12-jarige seun kan ook binne vyf jaar vir burgerskap kwalifiseer, wat beteken dat hy na skool vir gratis tersiêre onderrig sal kwalifiseer. “Die regering van Botswana stuur selfs sommige studente oorsee om te studeer,” het Fischer bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.