Slegs Afrikaners hiér welkom

Foto: www.kleinfontein.net

Die inwoners van Kleinfontein, naby Pretoria, het glo onderneem dat slegs Afrikaners toegelaat sal word om op plase in hul omgewing te bly, het The Times Woensdag berig.

Almal wat daar bly, van die sekuriteitswagte by die hek tot die tuiniers, is Afrikaanssprekend, berig die koerant. Die Gauteng Wetgewing se Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid is glo verlede jaar ingelig dat swart polisiebeamptes nie in die gebied toegelaat word nie.

Jan Groenewald, voorsitter van die beheerliggaam, het aan The Times gesê ʼn inwoner moet “ʼn Afrikaner met ʼn Voortrekker-erfenis wees, ʼn Protestante Christen wees en die Bloedrivier-gelofte onderhou”. “Ons dink nie in terme van ras nie, maar jy kan nie die feit ignoreer dat ons verskillende rasse het nie. Dit is die realiteit,” het hy glo gesê.

Die inwoners sluit die leiers van verskeie regse groepe in, maar hulle staan onder die gesag van die gemeenskap se direkteure, het Groenewald gesê. “Ons hys nie die Suid-Afrikaanse vlag nie, want [Suid-Afrika] is ʼn eenheidstaat – die hoekom ons onsself in dié situasie bevind,” het hy bygevoeg.

Volgens The Times het Groenewald gesê die gemeenskap sal aansoek doen by die Tshwane-munisipaliteit dat dié gebied onafhanklik verklaar kan word. “Uiteindelik sal die ANC moet goedkeur wat ons hier doen.”

Lees ook
Nuuskommentaar: Kleinfontein, groot bohaai

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Derick

M A W Keegan Daniels van die Haaie sal nie daar wil bly nie. Daar is te veel afrikaans sprekendes.

Etienne Greeff

Die Regering is besig om ALLE Suid Afrikaners te na te kom en die GROOT REDE hoekom daar nooit sal Vrede wees nie. Dink die Regering regtig dat met hulle hudige grondwet, verandering sal plaasvind. Dit is juis die Regering wat Blankes(Afrikaans en Engels) dryf na so iets omrede Blanke Veiligheid daagliks die teiken van Misdaad is. Net jammer die Regering is nie Mans genoeg om te erken dat die oorverdowend meerderheid van Misdadigers in Suid Afrika, ANC lede is nie en mense wat vir die Anc stem!!!!!!!!! Omgekeerde Apartheid is tans aan die orde van die DAG!!!!!!!! Soos met… Lees meer »

andre van blommestein

klein vragie wat is die misdaadsyfer in Kleinfontein. Sal iemand van die huidige regering miskien antwoord en dit vergelyk met die devilkrasie buite die ou plekkie, en as daar ‘n verskil is net vir ons ander burgers van die republiek van Suid Afrika verduidelik hoekom. Los maar die rasse storie uit.

Kraalmuur

Het lankal gewonder wanneer ons Afrikaanse kultuurgroepe gaan sien ontstaan. In SA word so teen kleurverskille blindgestaar dat min mense die realiteit van kultuurverskille insien. Indien hierdie groep egter ernstig is oor hul saak, moet hulle wel ook ALLE kleurgroepe toelaat wat aan hierdie kultuurkriteria voldoen. Sal seker bietjie jmoeilik wees om Sjinese en Indiërs te kry wat aan die Groot Trek deelgeneem het, maar daar was baie Swart en Bruin agterryers en veewagters wat net so deel daaraan gehad het en net so onder die impis deurgeloop het. Ek sou geen probleem daarmee hê om so kommune saam sulke… Lees meer »

Rudie Thirion

“Die Gauteng Wetgewing se Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid …” Wat de ongeluk is die “Gauteng Wetgewing” wat ‘n Portefeuljekomitee het? Wetgewing is ‘n klomp woorde op papier en kan nie ‘n komitee van enige aard hê nie.