Slegs Afrikaners hiér welkom

Foto: www.kleinfontein.net

Die inwoners van Kleinfontein, naby Pretoria, het glo onderneem dat slegs Afrikaners toegelaat sal word om op plase in hul omgewing te bly, het The Times Woensdag berig.

Almal wat daar bly, van die sekuriteitswagte by die hek tot die tuiniers, is Afrikaanssprekend, berig die koerant. Die Gauteng Wetgewing se Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid is glo verlede jaar ingelig dat swart polisiebeamptes nie in die gebied toegelaat word nie.

Jan Groenewald, voorsitter van die beheerliggaam, het aan The Times gesê ʼn inwoner moet “ʼn Afrikaner met ʼn Voortrekker-erfenis wees, ʼn Protestante Christen wees en die Bloedrivier-gelofte onderhou”. “Ons dink nie in terme van ras nie, maar jy kan nie die feit ignoreer dat ons verskillende rasse het nie. Dit is die realiteit,” het hy glo gesê.

Die inwoners sluit die leiers van verskeie regse groepe in, maar hulle staan onder die gesag van die gemeenskap se direkteure, het Groenewald gesê. “Ons hys nie die Suid-Afrikaanse vlag nie, want [Suid-Afrika] is ʼn eenheidstaat – die hoekom ons onsself in dié situasie bevind,” het hy bygevoeg.

Volgens The Times het Groenewald gesê die gemeenskap sal aansoek doen by die Tshwane-munisipaliteit dat dié gebied onafhanklik verklaar kan word. “Uiteindelik sal die ANC moet goedkeur wat ons hier doen.”

Lees ook
Nuuskommentaar: Kleinfontein, groot bohaai

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Derick ·

M A W Keegan Daniels van die Haaie sal nie daar wil bly nie. Daar is te veel afrikaans sprekendes.

Etienne Greeff ·

Die Regering is besig om ALLE Suid Afrikaners te na te kom en die GROOT REDE hoekom daar nooit sal Vrede wees nie. Dink die Regering regtig dat met hulle hudige grondwet, verandering sal plaasvind. Dit is juis die Regering wat Blankes(Afrikaans en Engels) dryf na so iets omrede Blanke Veiligheid daagliks die teiken van Misdaad is. Net jammer die Regering is nie Mans genoeg om te erken dat die oorverdowend meerderheid van Misdadigers in Suid Afrika, ANC lede is nie en mense wat vir die Anc stem!!!!!!!!! Omgekeerde Apartheid is tans aan die orde van die DAG!!!!!!!!

Soos met die Duitsers na die 2de Wereld Oorlog, is daar Vrede bewerkstellig in Duitsland met n Volwaardige Demokrasie wat gelykeregte handhaaf. Tans is Ons Demokrasie n grap want die ” Majority Rule” is deel daarvan. Hoe kan dit dan n Demokrasie wees?????? Geen wonder Blankes het geen reg op Privaatheid, Werksgeleenthede en Beskerming nie!!!!!!!!!! So pragtige Land wat almal kan in deel maar met die Huidige Regering se onvermoe om die Land te bestuur, bewerkstellig hulle meer Onmin as Vrede. Aan die einde van die dag, GOD SIEN ALLES RAAK en HY sal Sy Hand Swaar neerbring op Suid Afrika eendag!!!!!!!!!!!!!!

andre van blommestein ·

klein vragie wat is die misdaadsyfer in Kleinfontein. Sal iemand van die huidige regering miskien antwoord en dit vergelyk met die devilkrasie buite die ou plekkie, en as daar ‘n verskil is net vir ons ander burgers van die republiek van Suid Afrika verduidelik hoekom. Los maar die rasse storie uit.

Kraalmuur ·

Het lankal gewonder wanneer ons Afrikaanse kultuurgroepe gaan sien ontstaan. In SA word so teen kleurverskille blindgestaar dat min mense die realiteit van kultuurverskille insien. Indien hierdie groep egter ernstig is oor hul saak, moet hulle wel ook ALLE kleurgroepe toelaat wat aan hierdie kultuurkriteria voldoen.

Sal seker bietjie jmoeilik wees om Sjinese en Indiërs te kry wat aan die Groot Trek deelgeneem het, maar daar was baie Swart en Bruin agterryers en veewagters wat net so deel daaraan gehad het en net so onder die impis deurgeloop het.

Ek sou geen probleem daarmee hê om so kommune saam sulke medeburgers te deel nie. Indien hulle lekker kan Afrikaans praat, braai, die Cheetas kan ondersteun, saam 16 Des bidure hou, Opstanding en Hemelvaart vier en kan tentpensteek, dan’s dinge dollies. Ek hoop Damduikers en Happy-clappies is ook welkom.

Mike ·

Die anderskleuriges wat daar wil gaan bly is welkom hy moet net die kultuur en gewoontes van die gemeenskap aanvaar anders sal dit nie vir hom en vir hulle werk nie.

Rudie Thirion ·

“Die Gauteng Wetgewing se Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid …” Wat de ongeluk is die “Gauteng Wetgewing” wat ‘n Portefeuljekomitee het? Wetgewing is ‘n klomp woorde op papier en kan nie ‘n komitee van enige aard hê nie.

anita ·

Hierdie idee is niks mee verkeerd nie, Canada is in 2 kulture verdeel, Belgie is 2 kulture, en dit word gerespekteer. Dit word betreur dat kultuur verlore kan gaan met die Wit Plakker” situasie, die kinders kan geen kultuur behou nie, dit is ‘n afsterwe van voortplanting soos met die Boere Oorlog kampe. Die oplossing is dat iemand die Kabutz sisteem gaan bestudeer in Isreal, en iemand die kweek van groente in tonnels gaan bestudeer in Nederland (Google “veenhuizen die oplossing na die oorlog) ons het miljoeners Afrikaans sprekendes, laat die kerke iets doen hulle benader, ‘n plaas koop in KLein Karoo/of iewers in Wes-Kaap en al hierdie mense daar gaan vestig, huis fabrieke oprig, en kinders intergreer in die Afrikaans sprekende Platteland, sluit asb. die KARTON brigade in by die stopstrate. Ons is ‘n totale LEIERLOSE groep, die enigste organisasie die hand uitreik is Solidariteit, waar is ‘n leier vir ons, waar is dfie jong manne? ons het net Rugby aanbidders en niemand, maar niemand die opstaan as leier nie..is die manne beangs…?

Mike ·

anita jy moet meer leer oor wat in Orania en omliggende gebiede aangaan kontak die mense jy sal verbaas wees.

Anneline Erasmus ·

Kan nie glo ons Afrikaners sal weer ons eie kultuur kan nastreef nie.

Annette Duvehage ·

Dis omtrent tyd dat daar leiers opstaan en se ons is die Afrikaner Volk en trots op dit wat ons is. Die ANC wil die wittes wegwens in hierdie land. Die groot Korporatiewe instellings speel vierkantig saam met hulle om apartheid te verskuif en hulle het tot dusver dit so gedoen dat die wit Afrikaner volk amper almal sonder werk sit. As ek so om my kyk kan ek nie anders as om van binne te huil oor wat ek sien elke dag nie. Wit mense wat niks oor het nie, nie eers hulle trots om wit te wees nie. Dit is wat die ANC laat lekker kry. Waar jy kyk word die sogenaamde agtergeblewenis ingeprop in poste wat hulle nie kan hanteer nie. Glo my dit gebeur veral in die Oorsese Maatskappye. Op die einde van die dag moet die paar wittes wat saam met die agtergeblewenis werk, hulle werk ook doen om die Maaskappy aan die gang te hou en om te probeer verhoed dat jy ook een van die statestiek word van ‘n wit werklose.

Etienne Greeff ·

Annette Duvehage!!!!!! Baie geluk en trots om te kan se jy is n mede Afrikaner!!!!!!!!!!!!! Baie waar wat jy genoem het en dink dis Tyd dat Ons hierdie Besighede se produkte, nie meer KOOP nie!!!! Vir hoeveel jare het Blankes hulle afgesloof om juis hierdie Besighede suksesvol te maak in SA. Hoeveel Afrikaners, insluitend myself, het hulle gesinne, families en vriende te na gekom deur NAWEKE, NA URE EN VAKANSIE dae te werk ten tye wat die GROOT BESIGHEDE finansieel swaargekry het agv Resessie en swak Wereld markte!!!!!!!!! Boycott hulle Produkte Afrikaners. Soos in ons Geskiedenis se verlede het ons Boere nasie deur swaar tye gekom deur saam te staan. Dis NOU DAAI TYD!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hendrik van Niekerk ·

Ons het so twee jaar gelede na Kleinfontein vanaf hoewes buite Erasmia getrek. Ons rede was beslis veiligheid, en onafhanklikheid vanaf die Metro owerhede en ook om in vrede tussen my eie mense te woon. Ek kan beslis sien dat die geldknyptang net al hoe erger gaan raak in die Metro soos die meerderheid meer vra van die minderhede (van al die kleuregrense) wat die belastingkoffers moet vol hou. Ek kan beslis nie sien dat die diverse gemeenskap in die stede ooit die Metro andersins kan oortuig om die stede meer volhoubaar te bestuur nie. Die beste manier om so situasie te kan ontwyk is deur vorentoe te kyk en reeds aan alternatiewe oplossings te werk. Ek sien dat dieselfde tipe nedersettings sal ontwikkel regoor die land as ons Kleinfontein suksesvol deur die onafhanklikheidsdrif kan kry. Daarby het ons regtig steun van alle Afrikanermense nodig om druk toe te pas op die Owerhede en wys dat selfbeskikking nie ‘n euwel is nie maar wel ‘n voordeel is vir almal in die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.