Slegs drie kandidate positief oor Afrikaans, US-karakter

image001Slegs drie uit ses kandidate vir die Universiteit van Stellenbosch se raadsverkiesing het hulself positief uitgelaat oor Afrikaans aan die US, aldus die webwerf, Afrikaans @ Maties.

In ‘n onlangse standpuntstelling oor die US-raadsverkiesing in Die Burger was ‘n waardering vir die US se taalkarakter, tradisierykheid en nie-rassige akademiese meriete slegs by Wannie Carstens, George du Toit en Johan Theron te bespeur. Die webwerf vra dat lede nou vir Carstens, Du Toit en Theron moet stem, soos aanbeveel deur prof. Hermann Giliomee. “Moedig asseblief ook jou mede-oud-Maties aan, of dit nou kinders, ouers, grootouers, vriende of kollegas is.”

Klik hier om elektronies te stem.
Klik hier om op ander wyses te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.