Slegs een SA-universiteit onder top 200

Slegs die Universiteit van Kaapstad kon QS se lys van top 200 universiteite in die wêreld haal. Ikeys het die 154de plek ingeneem.

Volgens QS is die Massachusetts Institute for Technology nou die wêreld se top-universiteit, gevolg deur Cambridge, met Harvard wat die derde plek inneem. Cambridge was in die voorafgaande jare die top-universiteit.

Die bekende Oxford is in die 5de plek, en Yale sewende.

Verskeie Australiese universiteite vaar beter as enige Suid-Afrikaanse instelling, met die Australian National University wat in die 24ste plek die toppresteerder van Doer Onder is.

Ikeys kan sy kop optel dat hy die bekende Vrije Universiteit van Nederland (177ste) uitgestof het, hoewel ‘n hele paar Nederlandse instellings beter gevaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.