Slegs ‘mooi’ woonstelmaat gesoek

Argieffoto

ʼn Groep jong mans in Woodstock in die Wes-Kaap het ʼn interessante huuradvertensie op Gumtree gelaai.

“Ons het ʼn aparte woonstel te huur in ons huis in Woodstock met sy eie badkamer. Die kamer lyk soos die aangehegte foto en is vol potensiaal,” lui die advertensie. Die verhuurders dui aan hulle is spesifiek op soek na ʼn jong dame in haar vroeë 20s wat nog studeer of reeds werk.

Die kwalifiserende eienskappe vir die huurder laat dié advertensie egter uitstaan. Volgens die advertensie moet die voornemende huurder nie enigiets in die kunste, musiek of ontwerpveld studeer nie. Iemand wat haarself as ʼn masseuse kwalifiseer of grimeerkuns studeer word toegelaat. Die kandidaat moet ook ʼn “goeie waterpyp” aanmekaar kan slaan, nie ʼn kat hê nie, en ten minste ʼn 8 op die voorkomsskaal meet. “Jy kan ʼn 6 wees indien jy 8-vriende het,” lui die advertensie verder. Daar is ʼn bonus ingesluit vir voornemende huurders wat nader aan ʼn 10 op die voorkomsskaal meet. “Die huur is R4 000, maar R100 afslag word toegestaan vir elke punt wat jy verder van ʼn 5 af is en nader aan ʼn 10 is (afhanklik van die woonstelmaats se diskresie),” verduidelik die advertensie verder.

Die persoon moet hou van dans, bier en ʼn briljante van hê. Die voornemende huurder mag glo ook nie van die rolprent/boek Twilight of 50 Shades of Grey hou nie.

Daar is nie veel inligting beskikbaar oor die verhuurders nie, buiten dat hulle ʼn “gemaklike groep ouens is wat hou van pret, goeie rolprente, braai en ʼn lekker tyd”.

Klik hier om die oorspronklike advertensie te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.