Slegs twee gestrande walvisse nog lewend

Gestrande walvisse by Noordhoek in Kaapstad Foto: Facebook

Drie van die vyf walvisse wat Sondag in die see vrygelaat is nadat hulle gestrand het, het deur die aand weer by Langstrand in Simonstad gestrand.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die eeste walvis het omstreeks 23:30 gestrand. Teen 02:30 het die ander twee walvisse ook uitgespoel en is deur veeartse, die Dierebeskermingsvereninging (DBV) en die stad se rampbestuureenheid ondersoek en behandel. “Hulle toestand was baie sleg en hul gesonheid het baie verswak. Hulle is deur kenners, onder leiding van die DBV en die departement van omgewingsake, uitgesit,” het Lambinon Maandagoggend gesê.
Hy sê die Valsbaai-kuslyn word dopgehou om seker te maak of die oorblywende twee walvisse ook weer gaan strand.
Maroela Media het vroeër berig vyf van die 19 walvisse wat by Noordhoek in Kaapstad gestrand het, is Sondagmiddag in die see vrygelaat. Die vyf loodswalvisse is op sleepwaentjies van Noordhoek na Simonstad se vlootbasis geneem waar hulle in die see gelaat is. Lambinon sê nege van die ander walvisse moes uitgesit word, en vyf het natuurlik gesterf. Die 19 volwasse walvisse het Sondagoggend gestrand.
Lees ook:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.