Slegte nuus vir motoriste

Motoriste kan dalk slegte nuus te wagte wees wanneer die brandstofpryse vir Augustus aangekondig word.

Die jongste syfers dui daarop dat, afhangende van wat in die volgende twee weke gebeur, die prys van petrol op 7 Augustus met ongeveer 30c sal styg, en die groothandelprys van diesel met sowat 26c.

“Die vooruitsig het sedert die begin van die maand, toe daar nog ʼn kans was dat prysstygings tot ongeveer 10c beperk sou wees, aansienlik versleg,” het Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê. “Die rede hiervoor is dat internasionale petroleumprodukpryse skerp toegeneem het. Dit word tot dusver slegs tot ʼn geringe mate deur ʼn sterker rand teengewerk.”

Indien die verwagte styging van ongeveer 30c plaasvind, sal die petrolprys ʼn nuwe nominale hoogtepunt bereik. Die nuwe prys sal ook in inflasie-aangepaste terme die tweede hoogste prys sedert Julie 2008 wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kaspaas ·

Nog een van die “suksesse” van die ANC:

“During ANC rule the petrol price has gone from R1.73 to R12.83 per liter”

gerhard ·

Kan regtig nie insien dat dit so duur word nie dink regtig die ministerie maak hulle sakke vol met die verhogings hioe is dit moontlik dat die selde brandstof in sudan n kwart is van wat ons betaal en dan word dit nug plaaslik vervaardig ook

Paul ·

Omdat die brandstof in Soedan gesubsidieer word met belastingbetalers se geld, Gerhard.
Sasol produseer net sowat 30% tot 40% van dit wat plaaslik vebruik word, en dus bly Suid-Afrika steeds ‘n prys-nemer wanneer dit by voertuigbrandstof kom.
Ook kry die staat nie meer geld in wanneer die petrolprys styg nie, want die randwaarde van die heffings per liter is vaste bedrae, nie ad valorem belastings soos BTW nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.