Slegte nuus vir motoriste

petrolDie departement van energie het Vrydag slegte nuus vir motoriste aangekondig.

Die prys van petrol sal op 1 Januarie met 39 sent per liter styg en diesel styg met 32 sent per liter. Die prys van paraffien styg met tussen 39 sent en 52 sent per liter.

Die departement het gesê die gemiddelde internasionale prys vir petrol, diesel en paraffien het tussen 29 November en 26 Desember gestyg.

Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers het verswak tot 10.3581 in vergelyking met 10.2121 tydens die vorige periode.

Die petrolheffing styg op 1 Januarie na 10.96 sent per liter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsabe ·

Niks skok meer nie. Regtig.
En vertel vir ons, Maroela, hoeveel SANRAL- MILJOENE is alreeds / gaan landuit?
Ek verstaan eerlikwaar nie hoe al die stukkies inmekaar pas. Of nee, daar is altyd, maar altyd ‘n finger in die pie. Whatever pie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.