Slegte nuus vir motoriste

Motoriste kan aan die einde van die maand ʼn aansienlike styging in die petrolprys verwag.

Paul Joubert, ʼn senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, het aan Maroela Media gesê die verwagte styging is as gevolg van die internasionale petroleumprodukpryse wat gestyg het.

“Internasionale petroleumprodukpryse het tot dusver tydens Augustus noemenswaardig toegeneem, terwyl die rand/dollar wisselkoers naastenby stabiel gebly het as ʼn gemiddeld teenoor die vorige maand se gemiddelde vlakke,” het hy gesê.

“Dit beteken dat daar waarskynlik ʼn skerp styging in die plaaslike pryse van petrol en diesel voorlê. Indien toestande vir die res van die maand voortduur, sal petrol se prys moontlik met 80c of meer styg en diesel se prys met 50c of meer. Dié situasie kan nog verander deur die loop van die res van Augustus, maar ʼn groot styging is reeds hoogs waarskynlik,” het hy bygevoeg.

Die prysaanpassing sal, soos gewoonlik, op die eerste Woensdag van die komende maand plaasvind. Die prys sal dus om middernag van die aand tussen 4 en 5 September aangepas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.