Slim ID-kaarte reeds vir sommiges beskikbaar

'n Voorbeeld van die nuwe slim ID-kaarte

‘n Voorbeeld van die nuwe slim ID-kaarte

Slimkaart-identiteitsdokumente, wat die groen identiteitsboekies gaan vervang, sal van Saterdag af aan eerste aansoekers en pensioenarisse uitgereik word, het die departement van binnelandse sake gesê.

“Die uitrol van die slim ID-kaarte aan alle Suid-Afrikaners wat daarvoor in aanmerking kom sal ʼn paar jaar neem en die departement doen ʼn beroep op die publiek om geduldig te wees,” het Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement, gesê. Mamoepa sê eerste aansoekers wat ouer as 16 jaar is, kan van Februarie af vir die slim ID-kaarte aansoek doen. Pensioenarisse ouer as 60 jaar en wat in Januarie en Februarie gebore is, kan ook nou aansoek doen. Mamoepa sê pensioenarisse ouer as 60 jaar kan van Maart af aansoek doen in hul geboortemaand. Volgens Mamoepa sal dit sowat ses of sewe jaar neem om die groen identiteitsboekies uit te faseer. Altech Card Solutions, ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy, is die R40 miljoen-tender toegeken om die staatsdrukker met die masjiene vir die vervaardiging van die ID-kaarte te voorsien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

En nou het hulle Afrikaans weer uitgeskop… Want daai kaart is net in Engels…

Jasper ·

Nou kort ons nog net n leier met n I.K. wat hoër as die kaart s’n is.

Linda ·

Ek kan nie verstaan hoekom hulle nie maar ook die bestuurslisensies & die Id kaarte 2 in een kan maak nie – maar nou ja iemand anders moet mos ook geld maak………….

Francis Herselman ·

Wat is koste,waar kan mens aansoek doen,ons is naby Humansdorp

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.