‘Slim’ ID-kaarte van Julie af

Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige minister van binnelandse sake, toe sy haar ID-kaart in 2012 aan joernaliste getoon het Foto: listrends.blogspot.com

Die langverwagte ‘slim’ identiteitskaarte sal glo van Juliemaand af in Suid-Afrika uitgereik word.

“Die slim ID-kaart sal met ‘n mikroskyfie toegerus word met biometriese veiligheidseienskappe,” het Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, gesê. “Dit sal egter sowat agt jaar duur voordat die hele land met dié kaarte toegerus is.”

Die slim ID-kaart sal geleidelik die ou groen identiteitsboekie vervang. “Ons sal die slim ID-kaart by 27 streekskantore landwyd begin uitreik. Dié kantore van binnelandse sake is reeds toegerus vir die regstreekse opname,” het Pandor gesê.

ID-kaarte sal aan persone, wat vir die eerste keer aansoek doen vir ‘n identiteitsdokument, en persone wat hul identiteitsdokument moet vervang, uitgereik word.

Pandor het dié aankondiging tydens haar begrotingstoespraak in die parlement in Kaapstad gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frikkie botes ·

Ek het n blou ID, die gewone groen oorleef en ook die gekodeerde groen en glo ek sal ook die smart kaart oorleef

Chris ·

Beteken dit die einde van Afrikaans op weer ‘n amptelike dokument?

william ·

Dan verander nommerplste ,dan verander lisensies. Nou weer id kaarte. dit is geldmors.

Sarie van Niekerk ·

Hulle kan maar uitreik ek gaan beslis nie aansoek doen vir ‘n nuwe nie, hierdie is nou net weer ‘n geldmaakskema. Die vervalsers van ID-dokumente het klaar iets uitgewerk om die sogenaamde slim ID-kaatre te vervals. Niks in hierdie land is onvervalsbaar nie, veral nie met die spul skelm Nigiers in ons land nie. Genugtig wat gaan hulle nog verander?

Theo Volschenk ·

Als goed en wel maar ek wil nie ‘n ander ID hê nie, hoekom moet ek betaal vir iets wat die regering wil verander??? Sal graag wil weet wat die koste aan so kaart gaan wees? Dink ons moet begin vaskop en se as die regering iets wil verander moet hulle dit op hulle koste vervang!””””Ja ek weet dis eintlik ons belasting geld maar dan weet ons tenminste waar dit gaan!

J ·

Ai, ons ou volkie moet altyd kla oor alles. Darem kan die kaart maklik in jou beursie pas en hopelik sal die bestuurders lisensie ook later een kaart word met die ID. Vooruitgang is altyd goed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.