Slim IDs in 2013

Die nuwe slim-identiteitsdokumentkaarte sal in 2013 in gebruik geneem word.

“Die toetslopie was suksesvol en ons sal in die nuwe jaar ʼn aankondiging oor die gebruik van die slim-identiteitsdokumentprojek maak,” het Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, Donderdag gesê. Die koste van die kaart is nog nie vasgestel nie.

“Die sekuriteitseienskappe en die koste word steeds bespreek,” het Pandor gesê. Volgens Pandor sal die koste van die kaart nie dié van die huidige groen identiteitsdokument oorskry nie. Die slimkaart sal dié boekie vervang.

Pandor sê verder die departement bespreek tans die praktiese deel van die projek. Een opsie is om slim-identiteitskaarte aan eerste aansoekers uit te reik. Die projek sal waarskynlik oor die volgende vier jaar strek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.