Slimkaart vervang ID-boek vanaf Julie

Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige minister van binnelandse sake, toe sy haar ID-kaart in 2012 aan joernaliste getoon het. Foto: listrends.blogspot.com

Suid-Afrikaners se groen identiteitsboekies gaan van Julie af vervang word met die langverwagte ‘slim’ identiteitskaarte.

“Ons gaan stelselmatig begin om die boekies met die kaarte te vervang aan alle nuwe aansoekers of mense wat hul ID-boeke moet vervang,” het Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, Donderdag in Pretoria gesê.

Altech Card Solutions, ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy, het die R40 miljoen-tender bekom om die staatsdrukker (GPW) met die nodige toerusting toe te rus om die kaarte te druk. Dié toerusting word deur DataCard in Amerika vervaardig.

Gemalto Suid-Afrika, het die €16 miljoen (R199 miljoen)-tender bekom om die voorafgedrukte plastiek slim ID-kaarte, met ‘n mikroskyfie, te verskaf.

Pandor het gesê dit sal tussen ses of sewe jaar duur voordat die hele land met dié kaarte toegerus is. Die proses gaan by 27 streekskantore landwyd begin.

“Dit is ‘n sekuriteitdigte proses. Sterkte aan diegene met vervalste ID-dokumente,” het sy gesê

Lees ook:
‘Slim’ ID-kaarte van Julie af
Slim IDs in 2013

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leslie ·

Dit is ‘n sekuriteitdigte proses. Sterkte aan diegene met vervalste ID-dokumente,” Ha! Ha! dit moet die grap van die jaar wees, net jammer ek werk nie daar nie sal goeie pond maak

Willie ·

Phillip Bruwer , Wat gaan die koste wees om dit te vervang vir die publiek? Gaan hy ook `n verval datum kry soos die bestuurslisensie? Gaan ons amal verplig word om dit te verander.

Hou asb op om halwe inligting van ander websites te kopieer en te plaas om iets op die webwerf te he. Kontak die mense, kry al die inligting en skryf `n goeie artikel. Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.