“Smokkelaar” vas na hoëspoed-jaagtog

Na 'n hoë-spoed jaagtog Dinsdag buite Bloemfontein het die polisie daarin geslaag om 'n beweerde smokkelaar vas te trek en het op dagga met 'n straatwaarde van R200 000 beslag gelê. Foto: mycollegesandcareers.com

ʼn Beweerde daggasmokkelaar is Dinsdag na ʼn hoëspoed-jaagtog buite Bloemfontein vasgetrek.

Volgens Zweli Mohobeleli, ʼn woordvoerder vir die polisie, het die Bloemfonteinse honde-eenheid die Dewetsdorp-pad gepatrolleer, wat ʼn bekende smokkelroete tussen Lesotho en Suid-Afrika is. Die polisie het probeer om ʼn voertuig op die pad af te trek maar die bestuurder het geweier om te stop.

Na ʼn wilde jaagtog verby die Grootvlei-gevangenis het twee mans naby Bloemfontein uit die voertuig gespring en weggehardloop. Die polisie het hulle agtervolg en een van die mans is in hegtenis geneem. Vyftien sakke dagga, met ʼn straatwaarde van ongeveer R200 000, is in die voertuig opgespoor. Die dagga en voertuig is gekonfiskeer. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.