SMS-taal binnekort as amptelike Afrikaans erken

“X nu s0 mug na gta, k kani gl0 dis ampe Maandag ni.” (Ek’s nou so moeg na gisteraand, ek kan nie glo dis amper Maandag nie.)

Afrikaans kan binnekort totaal anders lyk, het ʼn bekende organisasie wat woordeboeke uitgee, onlangs gesê. Dié organisasie, wat vir die oomblik nie bekend gemaak wil word nie, het gesê dat ʼn nuwe Afrikaanse woordeboek, Sakpas Afrikaans, binnekort uitgegee sal word. Dié woordeboek sal huidige Afrikaanse woorde met hul SMS-taal eweknieë verskyn.

Die organisasie sê dit is ʼn poging om Afrikaans onder jongmense, wat reeds SMS-taal magtig is, te laat voortbestaan. “Ons kan nie meer vashou aan die argaïese manier van skryf en dink nie,” het die besturende direkteur van die organisasie gesê. “Jongmense gebruik reeds SMS-taal in sosiale media en dit sal onregverdig wees as ons hulle hiervan ontneem.” Van die grootste veranderinge wat aangekondig is, is dit die syfer nul (0) nou as ʼn wisselvorm vir die letter ‘o’ erken sal word. Die letter ‘Q’ sal ook as ʼn wisselvorm vir die verkleiningsvorm ‘tjie’ erken word. Die woord ‘bietjie’ sal dus voortaan as ‘bq’ geskryf kan word. Woorde soos auws0m vir “wonderlik”, njoy vir “geniet” en awê vir “reg so; dagsê; hoe lyk dit” sal ook ingesluit word.

Die woordeboek sal bestaande lemmas met hul SMS-taal eweknieë langsaan publiseer. Die woordeboek sal na verwagting volgende jaar op 1 April by boekhandelaars te koop aangebied word.

Hier volg ʼn paar voorbeeld van woorde wat binnekort as Afrikaans erken sal word:

bietjie – bq
ek is of ek’s – x
engelkie – engelq
geniet – njoy of nj0y
gewees – gwes
gisteraand – gta
goed – gud
jou – ju
kyk – kk
lekker – leka
maar – ma
niks – nix
ook – o0k
ons – os
Sommer – s0mmer of s0ma of soma
vir – vi
was dit – wasit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marlize ·

Weet jyof die nuwe Afrikaanse woordeboek Sakpas Afrikaans al verskyn het? en deur watter uitgewer?

Diana ·

Is die weergawe van die nuwe Afrikaanse woordeboek Sakpas Afrikaans al beskikbaar? en deur watter uitgewer?

INa POtgieter ·

dit is altyd interessant om iets nuuts te leer , hierdie nuwe taal is definitief ‘n uitdaging>>>>>

waarvooor staan ELKH

Stoere Boer ·

Dink hoe gaan die onderwysers nou sukkel om te verstaan wat die antwoorde is. Dit is g’n ‘n taal nie dit is net ‘n klomp afkortings vir mense wat te lui is om ordentlik te tik of nie kan spel nie.

Paul ·

Daar is nie iets soos “amptelike Afrikaans” nie, is daar? Daar’s slegs Standaardafrikaans en enigiets wat daarvan afwyk. Afwykings is nie noodwendig verkeerd nie – dis hoe ‘n taal groei. Sommige afwykings word mettertyd algemeen aanvaar en ander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.