Sneeu: Egpaar, baba veilig

Paramedici van ER24 wat in die sneeu vasgekeer is het die foto geneem.

ʼn Egpaar en hul ses maande oue baba wat in hul motor in die sneeu vasgekeer was voor die Mooirivier-tolhek op die N3 in KwaZulu-Natal, is veilig.

Maroela Media het vroeër berig die gesin het Dinsdag van Johannesburg na Durban gery toe hulle motor in die dik sneeu op die pad vasgeval het, etlike kilometers voor die tolhek. Hulle het paniekerig geraak aangesien hulle nie meer kos vir hul baba by hulle gehad het nie en die pa asmaties is. Paramedici van ER24 se Pietermaritzburg-tak is ontbied om hulle te red, maar het ook in die sneeu vasgeval.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê hulle was deur die nag telefonies met die gesin in verbinding. “Gelukkig het die sneeu deur die loop van Woensdagoggend begin smelt en die egpaar kon na veiligheid ry.” Jackson sê egter die paramedici, wat in die sneeu vasgeval het onderweg om die gesin te red, was om 12:00 steeds vasgevang. “Hulle is in goeie gees en die reddingspoging is onderweg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.