Sneltrein-ongeluk: Bestuurder in aanhouding

‘n Video van die ongeluk volg onderaan die berig. Die polisie in Spanje het Vrydag bekend gemaak dat hulle die bestuurder van ʼn sneltrein, wat Woensdag ontspoor en tot die dood van minstens 78 mense gelei het, in aanhouding het op aanklag van roekeloosheid.

“Francisco Jose Garzon Amo (52) is Donderdag sedert 20:00 in aanhouding. Hy word van misdade wat met die ongeluk verband hou, aangekla,” het Jaime Iglesias, hoof van die polisie in Galicia, waar die ongeluk plaasgevind het, gesê.

ʼn Regter het die polisie Donderdag opdrag gegee om Amo, wat steeds in die hospitaal is, te ondervra ná berigte dat hy teen bykans twee keer die spoedgrens om die draai gery het.

Amo het slegs geringe beserings opgedoen. Hy het glo direk ná die ongeluk aan spoorwegbeamptes erken dat die trein die draai teen 190km/h geneem het. Die spoedbeperking op die spoor is 80km/h.

Visit NBCNews.com for breaking news, world news, and news about the economy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trudie ·

Hoe kan iemand so met ander se lewens speel?? As hul geweet het hy speel so met spoed, hoekom is hy nie afgehaal van die treine nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.