Snelweg-ongeluk: Man het glo van ongelukstoneel gevlug

Foto: ER24

Die man wat Woensdag op die N1-snelweg in Pretoria deur ʼn petroltenkwa doodgery is toe hy oor die snelweg gehardloop het, het glo van ʼn ander ongelukstoneel gevlug.

Kapt. Collette Weilbach, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die 30-jarige man het na bewering voor die tyd beheer oor sy voertuig verloor en teen ʼn parkeerde voertuig in Rodericksstraat in Lynnwood gebots. “Volgens ʼn ooggetuie het die man daarna van die ongelukstoneel weggejaag. Die ooggetuie het die polisie gebel, terwyl hy die man agtervolg het,” het Weilbach gesê.

Die man het in Hazelwoodstraat in Hazelwood vermoedelik sy voertuig stilgehou, en verder te voet gevlug. “Kort daarna is die polisie na die ongelukstoneel op die snelweg ontbied, waar die man dood aangetref is.” Die slagoffer se naam mag nog nie bekend gemaak word nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en ondersoek ook die eerste ongeluk.

Maroela Media het Woensdag berig die N1-hoofweg was Woensdag vir etlike ure in die gebied vir verkeer gesluit terwyl die toneel ondersoek en opgeruim is. Na die man doodgery is, het twee vragmotors teen mekaar gebots toe hulle uitgeswaai het om nie die petroltenkwa te tref nie. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eben ·

Hy het seker nie links en toe regs gekyk nie! Eerste en laaste fout!!

amy ·

Het hy nog nooit van Daantjie Kat gehoor nie? Kyk links, dan regs, en dan WEER Links.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.