Snelweg sluit weens betogings

Foto: Nathan Adams/EWN

Die N2-snelweg naby die Kaapstad Internasionale Lughawe moes Vrydagoggend weens betogings oor dienslewering toegemaak word.

Kaptein Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, sê sowat 500 betogers het byeengekom en bande wat aan die brand gesteek is, op die snelweg gegooi. Betogers het ook petrolbomme na polisiebeamptes geslinger.

“Die snelweg was in albei rigtings tussen die Mew Way- en Duinefontein-afritte gesluit,” het Van Wyk gesê. Polisiebeamptes het die toneel egter gou opgeruim. Na wat verneem word, is die snelweg omstreeks 11:00 heropen. Verkeer is erg beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.