Snoerwet se besluit verwelkom

mediavryheid 3AfriForum het President Jacob Zuma se besluit om die omstrede wetsontwerp op die beskerming van staatsinligting na die parlement terug te verwys, verwelkom en President Zuma se standpunt, dat die wetsontwerp waarskynlik nie die toets van grondwetlikheid sal slaag nie, beaam.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat AfriForum nou al vir ’n geruime tyd sy kommer oor die grondwetlikheid van die wetsontwerp uitgespreek het en dat AfriForum se regspan ook reeds voorberei het om dit in die hof te beveg, sou dit aanvaar word.

AfriForum het vroeër ’n senior advokaat wat in mediareg spesialiseer gekontrakteer om ’n regsmening oor die wetsontwerp op te stel. Die regsmening het daarop gedui dat die wetsontwerp om verskeie redes nie die toets vir grondwetlikheid sal slaag nie.

Die Christen Demokratiese Party (CDP) het Vrydag gesê hy verwelkom ook pres. Jacob Zuma se terugverwysing van die sogenaamde snoerwet na die parlement.

“Verslaggewers sonder Grense is juis nou besig om terugvoer van oor die hele wêreld te versamel om die nuutste persvryheidsindeks op te stel. Suid-Afrika kan nie bekostig om verder die kreeftegang op hierdie indeks te gaan nie,” het ds. Theunis Botha, die leier van die party, gesê.

“Sedert die wetsontwerp die eerste keer kop uitgesteek het, het die hele kwessie oor Amerika se spioenasie op onder meer die media aan die lig gekom, en weer ‘n verskerpte fokus oor die belangrikheid van mediavryheid vir demokrasie en die bekamping van korrupsie beklemtoon. Ons is net jammer dat so baie geld reeds spandeer is om die ANC op instruksie van Luthuli-huis te dwing om ‘n onbekookte projek aan te pak wat die land reeds enorme skade berokken het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Naal de Koker ·

lyk my die snoerwet word alreeds op Maroela toegepas, as ek sien hoe die kommentare verdwyn…!

Jasper ·

Naal ek sien in die kolomme hier langsaan daar is spasie vir ads. Moet ons nie n pos adverteer vir n nuwe moderator nie ?

Sarie van Niekerk ·

Moet tog net nie te gou opgewonde raak oor die ou se besluit om die Snoerwet terug te verwys na die parlement vir heroorweging nie. Dit is maar net om te speel vir tyd sodat hy nie nodig het om die wet te teken voor na volgende jaar se verkiesing nie. Zuma mag dalk net gr. 5 geslaag het maar hy is een van die beste politieke strategete wat ek nog teegekom het. Dit nog met die e-tol ook gebeur, hy kan nie bekostig om die twee wette te teken voor na die verkiesing nie, maar die oomblik dat hy almal se kruisies het om hom weer president te maak, teken hy dit dadelik

Jasper ·

Sarie ek stem saam. Hy het nog so paar dinge bygevoeg en na die verkiessing sal die sheeple (peepol) net moet sluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.