Snydokter by inisiasieskool doodgeskiet

ʼn Man is Dinsdag in die vroeë oggendure by ʼn inisiasieskool in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het naby Bityi plaasgevind. “ʼn Onbekende man het die skool betree terwyl dit nog donker was en ʼn 22-jarige tradisionele snydokter doodgeskiet,” het Fatyela gesê. “ʼn 21-jarige leier is ook geskiet en gewond. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.