So byna op heterdaad betrap

Twee mans wat van ‘n roof verdink word is in ‘n padblokkade in Soweto met kontantbokse van ‘n sekuriteitsmaatskappy in hul kattebak en ongelisensieerde vuurwapens vasgetrek, het die Gautengse polisie Dinsdag gesê. 

Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die voertuig is tydens ‘n roetine-padblokkade in Bram Fischer afgetrek. “Daar was vyf mans in die voertuig, maar drie van die mans het weggehardloop toe hulle die polisie sien,” het hy gesê. Die twee in die motor is in hegtenis geneem. Die polisie het G4, die sekuriteitsmaatskappy aan wie die kontantbokse behoort, gekontak. “Ons vermoed die mans was op pad huis toe ná ‘n rooftog,” het Makhubela gesê. “Ons weet nie hoeveel kontant in die bokse is of waar dit gesteel is nie.” Die mans wat in hegtenis geneem is, is onderskeidelik 26 en 27 jaar oud en sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Roodepoort verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.