Só lyk branderplank ná haai-aanval

Só lyk die branderplank van Jacques Mostert, wat vroeër die week naby Stilbaai deur 'n witdoodshaai aangeval is. Mostert het die aanval oorleef ná 'n brander hom op die strand uitgespoel het. Foto: Gareth Smit, Foto24

Jacques Mostert (29) van Centurion in Gauteng sterk goed in die hospitaal aan nadat hy Vrydag in Stilbaai, Wes-Kaap, deur ‘n witdoodshaai gebyt is. ʼn Vriend van Mostert het aan die Weekend Argus gesê hy behoort later in die week ontslaan te word.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut het Mostert saam met vriende branderplank gery toe die aanval plaasgevind het. “Na beraming was die haai tussen 4 en 4.5 meter lank, as ooggetuies se vertellings en bytmerke in ag geneem word,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. Mostert het ernstige beserings aan sy bobeen en linkerknie opgedoen. Die NSRI het hom op die toneel vir bloedverlies behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.