Só lyk Bulls se nuwe truie

Die Vodacom Bulls het ‘n kontrak vir die volgende vyf jaar met die sportklerevervaardiger Puma gesluit en alle spanne in die Vodcom Blou Bulle stal sal voortaan van klere en toerusting voorsien word deur dié maatskappy.

Die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Bpk se hoofbeampte, Barend van Graan, het sy tevredenheid met dié verwikkeling uitgespreek. “Puma as handelsmerk is jonk, dinamies, avontuurlustig en trots. As ‘n maatskappy streef ons ook na sulke waardes en dit is goed om te sien dat daar ‘n sinergie tussen ons twee handelsmerke kon ontwikkel. Ons sien uit daarna om binnekort ons nuwe spelertoerusting bekend te stel, aangesien dit ‘n goeie weerspieëling is van ons manier van speel en ons ambisies op die veld.”

Puma sal tegniese toerusting vir al die spanne onder die BBM vaandel verskaf en is ook die amptelike verskaffer van die ondersteunerstoerusting en truie. Die Vodacom Super Rugby trui sal van 15 Desember beskikbaar wees en kos R599.

Lees hier oor die Bulls se nuwe pienk truie vir wegwedstryde.

Wynand Olivier, Pierre Spies, Chiliboy Ralepelle en Francois Hougaard in die nuwe truie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Breggie Myburgh ·

Ek is mal daaroor, eerstens gee hulle nou erkenning aan hulle duisende vroue ondersteuners en tweedens gaan al die ander spanne se ondersteuners nog op hulle neuse kyk wanneer hierdie pienktruie manne hulle WEN!!!!

Polla Roux ·

Breggie,
Ek hoop jy is reg dat hulle die ander spanne van die veld af speel en sodoende die gespot? sal verminder. Ek dink dit is meer n benoudheid by die spotters want dalk word die Bulls kwaad daaroor en wen weer die Super 15 in 2012

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.