Veldbrande is ‘n voortdurende bedreiging tot Tafelberg se natuurlike balans.
In 2002 is ‘n rookbeleid ingestel om rook tot spesifieke gebiede op die berg te beperk. Dit het tot ‘n merkbare afname in sigaretstompie-afval, en die gepaardgaande brandgevaar wat dit inhou gelei.
Besoekers word gemaan om slegs in die gebiede wat spesiaal daarvoor ingerig is, te rook.