Soek werk in Afrikaans

Solidariteit Helpende Hand het die eerste Afrikaanse werksoekportaal bekendgestel.  WerkNet skep die geleentheid vir werknemers om hulle CV’s in Afrikaans te adverteer, terwyl werkgewers die geleentheid kry om hulle beskikbare poste te adverteer en te soek na geskikte kandidate.

Volgens Surika Behrens, programbestuurder  by Helpende Hand, het hulle ʼn behoefte vir so iets raakgesien.  “Helpende Hand word oorval met CV’s, van mense wat nie werk kry nie én mense wat hulle werk verloor het.  Ons het ʼn behoefte vir ʼn platform raakgesien waar mense kan aansoek doen in Afrikaans,” het sy gesê. ”Baie werkgewers verkies ook om Afrikaanssprekende werknemers aan te stel, om verskeie redes. Dié platform maak dit vir hulle maklik om juis na Afrikaanse persone met die regte bekwaamhede en kwaliteite te soek.”

Sedert die bekendstelling gister is daar al 453 CV’s opgelaai en 1 152 mense is reeds op WerkNet geregistreer.

Die ekonoom Mike Schussler was die gasspreker by die bekendstelling.  Volgens Schussler is WerkNet wel op ʼn nismark gerig, maar vul dit beslis ʼn gaping.  “Nismarkte is vandag dalk die ‘in’-ding.  Mense wat mense soek wat Afrikaans praat, is waarskynlik ʼn baie klein gedeelte van die mark, maar dit is ʼn goeie idee.”

Die webtuiste bied selfs wenke soos hoe om seker te maak dat jou CV so volledig moontlik is en hoe om werk te kry indien jy nie enige ervaring het nie. Besoek die webwerf by www.werknet.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mauritz de kock ek is 29 jaar kry nerens werk tel no 0840856244 ·

Soek enige werk asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.