Soektog duur voort vir motor in Blyderivier

'n Pad buite Hoedspruit wat deur die vloedwater meegesleur is. Foto: Maj G van Staden

Reddingswerkers het Saterdag hulle soektog voortgesit na ʼn motor wat van ʼn brug op die Blyderivier naby Hoedspruit meegesleur is.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Ronel Otto, sê polisieduikers en helikopter van die lugmag is steeds op die toneel. Sy sê die Blyderivierdam oorvloei steeds en die rivier vloei sterk. “Dit is nie moontlik om met waterponies op die rivier te gaan nie maar die reddingspan patrolleer die oewers van die rivier.” Otto sê die voertuig is Donderdagaand meegesleur. Die Hoedspruit-omgewing het vroeër die week onder vloede deurgeloop na hewige reën. “Ons weet nie watter tipe voertuig dit was nie en ons is ook nie seker hoeveel mense was binne die motor nie. Volgens ooggetuies het hulle net gesien hoe die motor meegesleur word.” Die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.