Soektog duur voort vir Sanders se moordenaars

Corrie Sanders, net nadat hy Wladimir Klitschko in Maart 2003 uitgeklop het, en die WBO kampioen geword het.

Die polisie het Dinsdag bevestig dat hulle steeds opsoek is na die ʼn groep verdagtes wat die voormalige swaargewigbokskampioen, Corrie Sanders, die naweek by ʼn restaurant doodgeskiet het.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ondersoek duur voort,” het Brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.
Die 46-jarige bokser was Saterdagaand by die Thatch Haven Country Lodge in Brits om sy broerskind, Michael Sanders, se 21e verjaardagpartytjie te vier, toe rowers opgedaag en lukraak begin skiet het. Die rowers het klante by die restaurant van hul persoonlike besittings beroof. Sanders is tydens die voorval in die maag en hand geskiet en het Sondagoggend in die Kalafong-hospitaal aan sy beserings dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.