Soektog duur voort vir verdagte in Delmas-moordsaak

Wiehan Botes

Die volle name en van van die persoon wat ʼn verdagte is in die Delmas-moordsaak is tans aan die polisie en Mike Bolhuis bekend.

Private ondersoeker Mike Bolhuis het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat die tuinier van Magrietha de Goede steeds die hoofverdagte in die saak is. Die tuinier het ook nie Donderdag of Vrydag by die huise, waar hy gewoonlik tuinwerk verrig, opgedaag nie. “Die polisie het die tuinier se besonderhede in hul stelsel opgespoor en ons beskik dus tans oor sy volle name en van en sy vingerafdrukke,” het Bolhuis gesê. ‘n Soektog vir die verdagte duur voort. Bolhuis het ook bevestig dat Georganiseerde Misdaad in Middelburg by die saak betrokke is, en die Delmas-gemeenskap bedank vir hul “ongelooflike samewerking.”

Die vyf maande oue Wiehan Botes en sy dagmoeder Magrietha de Goede (66) is Woensdag in de Goede se huis in Delmas verwurg.

ʼn Nagwaak sal intussen Vrydagaand by De Goede se huis gehou word waar mense hul eerbetoon gaan wys. Mense is op die sosiale netwerke Facebook en Twitter aangemoedig om vanaand om 19:00 by Geldenhuys str 19 met ʼn kers en ʼn blom bymekaar te kom en saam te staan teen misdaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.