Soektog hervat vir Midmar-swemmer

Herman van Straten

Herman van Straten

Sewe polisiebeamptes en twee honde van die polisie se soek- en reddingseenheid het Woensdag die soektog na Herman van Straten, ʼn 43-jarige sakeman van Benoni, hervat nadat hy Saterdag tydens die Midmar-myl in Howick, in KwaZulu-Natal verdwyn het.

Van Straten het nie die swemresies voltooi nie.

Lt. Jack Haskins, ʼn woordvoerder van die polisie, het gesê die soektog het Woensdag om 06:30 hervat.

Shené Jones, Van Straten se verloofde, het Dinsdag gesê sy voel dat die organiseerders van die Midmar-myl haar nie die nodige ondersteuning gegee het nie. Jones het aan The Star gesê dat sy van bakboord na stuurboord gestuur is toe sy Van Straten as vermis probeer aanmeld het nadat sy tevergeefs vir hom by die eindpunt gewag het. Volgens Jones het die organiseerders met die volgende item voortgegaan nadat Van Straten as vermis aangemeld is.

Dit is die tweede tragedie tydens die swemresies. In 2011 is Nick Mellet se liggaam vier dae nadat hy tydens die Midmar-myl vermis geraak het, gevind. -SAPA

Lees ook:
Midmar-swemmer steeds vermis
Midmar-swemmer word vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.