Soektog na pa en seun gaan onverpoosd voort

Bryan en Robert Simms. Foto: Facebook

Die soektog na ʼn pa en seun van Midrand wat se vliegtuig onderweg van Uganda na die Lanseria-lughawe oor Mosambiek vermis geraak het, gaan onverpoosd voort.

Bryan Simms en sy seun Robert word sedert Sondag 28 Oktober vermis nadat hulle vliegtuig by Lanseria-lughawe moes land. Die laaste kontak met die Beechcraft Baron-vliegtuig was terwyl dit oor Mosambiek se afgeleë noordwestelike gebied gevlieg het. Die Suid-Afrikaanse en Mosambiekse owerhede se amptelike soektog is reeds afgelas. Die familie het egter met behulp van vrywilligers en finansiële steun van die publiek ʼn nuwe soektog van stapel gestuur. Die familie glo dat die pa en seun ʼn noodlanding gemaak het in of naby die Gorongosa Nasionale Park. ʼn Beloning van 5000 Amerikaanse doller is intussen uitgeloof aan plaaslike inwoners wat die ligging van die vermiste vliegtuig kan uitwys. Meer as R500 000 is reeds ingesamel vir die soektog. Die Simms-familie het intussen hul dank uitgespreek aan almal wat by die soektog betrokke is en wat Bryan en Robert in hulle gebede hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.