Soektog na paramedikus hervat

Die soektog na 'n paramedikus wat Dinsdagoggend van 'n brug in die Montagu-omgewing afgery het, is Vrydag weer hervat. Foto: iol.co.za

Die soektog na die paramedikus wie se ambulans van ʼn brug in Montagu afgery het, is Vrydag hervat.

Volgens IOL het die span van twintig nooddiens- en polisiebeamptes wat na die vrou sedert Dinsdag soek, gegroei na 52. “Vrywilligers uit die nooddienste en lede van die gemeenskap van regoor die Wes-Kaap het hulle hulp aangebied,” het Keri Davids, ʼn woordvoerder, gesê.

Die ambulans het vroeg Dinsdagoggend van die Cogmanskloof-brug afgery en ʼn rivier geval. Die paramedikus het glo self die kommunikasiesentrum in Worcester van haar ongeluk laat weet. Nooddiensbeamptes het Woensdag die voertuig 200m van die brug af opgespoor. Duikers, van beide die polisie en nooddienste, is opsoek na haar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.