Soektog na vermiste SA-man voortgesit

Die soektog na ʼn Suid-Afrikaanse man wat in Timboektoe in Mali ontvoer is, is Sondag voorgesit.

ʼn Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge, Clayson Monyela, sê ʼn Suid-Afrikaanse span is tans in Mali om die man, wat Vrydag ontvoer is, te probeer opspoor. Monyela sê die 36-jarige man se naam kan nie bekendgemaak word nie aangesien dit die soektog kan benadeel. Die man se gesin het Saterdag gesê indien sy naam gepubliseer word “kan dit sy ontvoerder ʼn kans gee om iets te doen”. Die man se pa sê intussen die ontvoerders het nog nie ʼn losprys geëis nie. “Ons het gehoor dat die ander mans se families reeds gekontak is, maar ons is nog glad nie gekontak nie”. Rapport het die man identifiseer as Stephen McGown. Volgens berigte is die ontvoerders glo deel van Al-Kaida. ʼn Sweed en ʼn Nederlander is glo saam met McGown ontvoer. ʼn Duitse toeris is glo koelbloedig doodgeskiet toe hy die ontvoerders teengesit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.