Soektog na vermiste tieners duur voort

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Grootskaalse soektog na drie tieners wat in die see by Hawston naby Hermanus in die Wes-Kaap vermis geraak het, is vandag voortgesit.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê vyf tienerseuns is Saterdagmiddag deur ʼn sterk seestroom meegesleur. Twee broers, onderskeidelik 12 en 15 jaar oud, kon daarin slaag om uit die water te kom. Die drie ander tienerseuns, onderskeidelik 19, 15 en 12 jaar oud, word egter steeds vermis. Die tieners is van Philipi op die Kaapse Vlakte. Die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

hettie van vuuren ·

Ai dis darem so hartseer en dit net voor kersfees ek bid dat hul veilig gevind sal word sterkte aan di ouers

Mathys J Thom ·

Kommewekend Dat Die Rustige Hermanus Telkens Die Koerante Haal Met Slegte Nuus. Ons Bid Vir Ons Maatjies & Besoekers Aldaar. Mag Ons Enige God In Jesusnaam Sy Engele Stuur Om Hermanus te Omvou~In Jesus Naam; AMEN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.