Soektog na vermiste toeriste duur voort

natures valleyDie Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se span in Plettenbergbaai is Vrydagaand omstreeks 18:00 in kennis gestel van twee stappers wat nie ná ‘n staptog in Nature’s Valley in die Wes-Kaap teruggekeer het nie.

‘n Plaaslike gastehuis (“backpackers”) het die 22-jarige man van België en die 25-jarige man van Suid-Korea die oggend gaan aflaai sodat hulle die dag in die natuur kon deurbring. Hulle sou na verwagting om 14:00 terugkeer. Toe hulle egter teen aandete nog nie teruggekeer het nie, het personeellede van die gastehuis die NSRI in kennis gestel, omdat daar gevrees is dat die mans moontlik in die moeilikheid beland het.

Lede van die NSRI Plettenbergbaai en die Plettenbergbaai-bergreddingsklub het ‘n soektog onderneem op die staproete, maar teen middernag was daar nog geen teken van die mans nie. Die soektog deur Saterdagoggend voort.

Lede van die nooddienste van die departement van gesondheid van die Wes-Kaap, polisiebeamptes en die Rooikruis se AMS-reddingshelikopter het Saterdagoggend by die soekspan aangesluit. Die NSRI het ook sy seereddingsvaartuig ingespan om al langs die kus, waar die staproete is, te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GS Du Plessis ·

They have been found. Save and sound. Simply lost their way.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.