Soektog na vermiste vliegtuie hervat

Die soektog na twee Albatros-vliegtuie wat onderweg van Tzaneen na die Randse Lughawe verdwyn het, is Maandagoggend hervat.

ʼn Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse maritieme en lugvaartsoek-en-reddingsentrum, Johnny Smit, sê grondvoetspanne en ander vliegtuie het Sondag onverpoosd na die twee vermiste vliegtuie gesoek. Volgens berigte was daar 14 mense aan boord toe die twee vliegtuie Sondag laatoggend van Tzaneen vertrek het na afloop van die Tzaneen lugskou. Dit was glo mistig in die gebied. Volgens berigte is verskeie bekendes in die lugvaartbedryf en hulle gesinne, waaronder twee jong meisies, aan boord die vliegtuie. Volgens Smit is daar heelwat berge in die Tzaneen-omgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.