Soektog na vermiste vliegtuie vir eers afgelas

Die soektog na twee Albatros-vliegtuie wat Sondag tussen Tzaneen en die Randse lughawe vermis geraak het, is Maandagaand tydelik afgelas.

ʼn Polisiewoordvoerder van Limpopo, brig. Hangwani Mulaudzi, sê dit was te donker om met die soektog voort te gaan maar dat dit vroeg Dinsdagoggend hervat sal word. ʼn Soek- en reddingspan het vroeër Maandag na ʼn gebied begin stap waar ʼn ooggetuie glo vroeër die dag gesien het hoe twee vliegtuie neerstort. Die Durbanse lugskou het vroeër bekendgemaak dat een van die passasiers op die twee vliegtuie een van sy koördineerders is. Die soektog na die twee vliegtuie is verskeie kere Maandag ontwrig weens gure weer. Na berigte was daar tussen 12 en 14 mense aan boord toe die vliegtuie Sondag, na die Tzaneen lugskou, vertrek het. Volgens berigte is verskeie bekendes in die lugvaartbedryf en hulle gesinne, waaronder twee jong meisies, aan boord die vliegtuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.