Sokkerspeler in Vrystaat vermoor

ʼn Speler van die Premiersokkerliga (PSL) is Saterdagoggend in die Vrystaat vermoor.

EWN berig dat Jeffrey Ntuka vroeg Saterdagoggend buite sy vriendin se huis in Kroonstad in die Vrystaat met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is. Volgens die polisie is die SuperSport United-speler dood onderweg na die hospitaal. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. ʼn Polisiewoordvoerder, Lazaros Langa, sê Ntuka het glo vir vuurhoutjies gevra van ses onbekende mans wat glo gelei het tot ʼn stryery. Een van die mans het Ntuka na bewering hierna met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. Ntuka het ook ʼn paar wedstryde vir Bafana Bafana gespeel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.