Sokkerspeler-saak uitgestel ná hy glo oom skiet

Mandlakayise Sangweni Foto: Zanele Zulu, IOL

Mandlakayise Sangweni Foto: Zanele Zulu, IOL

doelwagter vir AmaZulu, se aansoek om borgtog is Donderdag in die Ngwelezane-landdroshof in KwaZulu-Natal uitgestel, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

Sangweni (26) is verlede week in hegtenis geneem nadat hy glo sy oom ná ‘n argument geskiet het. “Die saak is tot 7 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek,” het Natasha Ramkisson, woordvoerder vir die NVG, gesê.

Volgens die polisie is dit nog nie duidelik wat tot die skietery aanleiding gegee het nie. The Star het egter verlede week berig dat Nono Sangweni, die dogter van die gewonde 66-jarige man, Vusumuzi Sangweni, gesê het ‘n stryery oor heksery het tot die onderonsie gelei.

Mandlakayise Sangweni is Siyabonga Sangweni, verdediger vir Orlando Pirates, se broer. Sy ouer broer, Thamsanqa Sangweni, speel vir Mamelodi Sundowns.

Daar is vroeër berig dat Sangweni vermoedelik sy eie pa geskiet het.

Lees ook:
Sokkerspelers se pa geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.