Sokkerster kry borg na hy teen 214km/h betrap word

Joseph Molangoane, ster van die Platinum Stars-sokkerspan, is Woensdag in hegtenis geneem ná hy teen 214 km/h in ‘n 60 km/h-sone gejaag het buite Bela Bela in Limpopo.

ʼn Polisiewoordvoerder, Mohale Ramatseba, sê die 23-jarige is op borgtog van R2 000 vrygelaat en moet op 10 Januarie in die dorp se landdroshof verskyn. Die Sowetan berig dat Molangoane omstreeks 8:50 Woensdagoggend in sy Mini Cooper S op die N1 suid tussen Kranskop en Mantsole vasgetrek is. Die MetroFM aanbieder, DJ Sbu, is in 2007 teen 257km/h betrap in ʼn 120km/h-sone en met R7 000 beboet. In Januarie vanjaar het die Vrystaatse LUR vir sport, kuns en kultuur Dan Kgothule ʼn boete van R20 000 gekry nadat hy teen 235km/h betrap is in ʼn 120km/h-sone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annatjie Sandrock ·

Mense soos hierdie – politiek en sokker is immers hoog aangeskrewe elemente in ons land -is veral diegene wat die goeie en regte voorbeeld moet stel.
‘n Mooi een hierdie een , van hoe dit NIE moet wees nie, nie waar nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.