Soldaat skiet glo twee ander dood

Arfgieffoto

Twee soldate is Vrydag glo deur ‘n derde soldaat in die Oos-Vrystaat doodgeskiet.

“’n Kriminele ondersoek duur voort,” het brig.gen. Xolani Mabanga, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gesê. Die drie mans was glo in ‘n amptelike voertuig van die militêre basis in Fouriesburg onderweg na die tydelike basis op Kromdraai toe die voorval plaasgevind het. Kanonnier ML Hlubi (24) het lt. Thabiso Ernest Seithati (28) en kanonnier Zakhe Nkanyiso khumalo (26) glo doodgeskiet. Hy het hul liggame glo uit die voertuig verwyder en verder gery.

Mabanga sê Hlubi word van die moorde aangekla en het Maandag in die hof verskyn. Hy is na die polisiestasie in Bethlehem oorgeplaas en sal weer op 4 Maart in die landdroshof in Bethlehem verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.