Soldaat sterf in ongeluk

sandfʼn Soldaat is in ʼn motorfietsongeluk dood terwyl hy ʼn BBP in Kempton Park aan die Oos-Rand vergesel het.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, sê die soldaat het beheer oor sy motorfiets verloor terwyl hy die BBP van die OR Tambo internasionale lughawe vergesel het. “Die oorledene was ʼn lid van die millitêre polisie se eenheid wat BBP’s van die lughawe af vergesel. Hy was amptelik aan diens.” Mabanga sê die soldaat se naam sal bekend gemaak word sodra sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is. Hy wou nie die BBP se naam bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jasper ·

Ek het al gesien hoe ry die mense en het lankal so iets verwag

Cindy ·

Baie hartseer. Sterkte aan sy familie. Motoriste kyk nie uit vir motorfietse op die pad nie.

Erica ·

Dit is nie waar dat motoriste nie vir motorfiets ryers uitkyk nie. Ek is een van die mense wat glo aan almal het net soveel reg om die pad te gebruik as die ander. Sommige mense moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir hulle optredes. Dit is gewoonlik net ‘n oordeels fout wat begaan word. Mense dink soms dat ek dit miskien sal maak voor die lig verander of ek kan net gou deur druk want ek ry ‘n vinnige motor fiets. Vra my… ek is die ongelukkige persoon wat aan die verkeerde kant van so ‘n besluit was en sal vir die res van my lewe moet saamleef met ‘n besluit wat iemand anders gemaak het wat my lewe verander het. My innige simpatie met die familie – geen persoon verdien om so te gaan nie.

Jasper ·

@Cindy Hier gaan dit oor iemand wat n BBP of VIP begelei. Het jy al so n sirkus aanskou in n stad?

chris ·

ja dit is baie hartseer en ek dink aan sy pragtige vrou en 2jarige dogtertjie julle is in ons gebede. hy was ‘n wonderlike mens en n kind God wat sy werk gedoen het. ons gaan jou mis ou maat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.