Soldaat sterf in valskermongeluk

ʼn Lid van die weermag is dood in ʼn valskermongeluk in Bloemfontein in die Vrystaat.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, sê die ongeluk het Vrydagoggend gedurende ʼn valskerm-oefensprong plaasgevind. “Die lid het gespring en veilig geland maar is deur ʼn sterk wind meegesleur voor hy homself van die valskerm kon losmaak. Hy het vir ʼn paar honderd meter rondgewaai. Hy is na ʼn hospitaal vervoer waar hy met sy aankoms dood verklaar is.” Dlamini sê die lid se naam kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie van Zyl ·

Dit is as gevolg van swak disspliene was in 1 Valskerm Bataljon 1969 so iets het voor dit een maal gebeur en nooit weer, om en by 1967.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.