Soldaat sterf in wildtuin

‘n Soldaat is Sondag gedurende ‘n operasie in die Krugerwildtuin dood.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, sê sktr. Thabiso Zulu van Regiment Oos-Rand was saam met 2 SA Infanteriebataljon in die wildtuin ontplooi. “Hy was glo betrokke in ‘n skietvoorval terwyl hy aan diens was gedurende Operasie Corona in die Krugerwildtuin.” Mabanga sê’n raad van ondersoek is op die been gebring om die skietvoorval te ondersoek. Mabanga wou nie kommentaar lewer rakende die omstandighede rondom Zulu se dood nie en sê verdere inligting sal bekend gemaak word sodra die ondersoek afgehandel is. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het haar medelye met die soldaat se naasbestaandes betuig. Volgens mediaberigte het Zulu vermoedelik selfmoord gepleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Raad van ondersoek op die been gebring om die voorval te ondersoek? My liewe hel … vir selfmoord? Xolani Mabanga terwyl die raak ondersoek instel, word die renosters gestroop! WTF!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.